| ACL in Die Burger |
|
|
|
|
In die Burger (soort AD) in Zuid-Afrika verscheen een artikel over de reis die wij in september 2010 maken met een aantal deelnemers aan de opleiding ACL
Europese sakeleiers in Kaap geslyp
Carin Smith, Kaapstad
Die Wes-Kaap bied ’n ideale omgewing vir die leierskapsontwikkeling van Nederlandse sakelui.
Dis die mening van mnr. John Man en me. Annette Man-Mul van Kerntact & Vennote, gesetel in Asselt naby Maastricht. Hulle werk dwarsoor Nederland met leiers in die sake- en onderwyssektor. Rabobank tel onder hul kliënte.
Nadat die egpaar die Wes-Kaap verskeie kere die afgelope paar jaar besoek het – onder meer weer tydens die Wêreld- beker-sokkertoernooi – het hulle besluit die provinsie is baie geskik vir die soort leierskapsontwikkeling wat hulle aanbied. In Oktober vanjaar bring hulle die eerste groep sakeleiers hierheen.
“Dit is belangrik in die proses wat ons ontwikkel het om nie net by leiers se blote optrede in die werkplek te bly nie, maar om hulle in voeling te bring met hul eie innerlike kern,” verduidelik Man- Mul, ’n sielkundige wat al die afgelope 20 jaar prakti- seer. Haar man ondersteun haar as fasiliteerder.
“Die soort inklusiewe leierskapsontwikkeling wat ons doen, is anders as blote spanbou. Dit stel ook vas hoe eg die voorbeeld is wat leiers stel en of hulle werklik self ook dit wat hulle voorhou, navolg. In Nederland staan die begrip bekend as ware leierskap binne die regte konteks,” sê Man-Mul.
“Dit gaan oor self doen wat jy sê in die konteks van die omgewing waar jy werk.”
Dis begrippe soos ubuntu, wat hulle in die Wes-Kaap teëgekom het, wat hulle oorreed het om die sakeleiers hierheen te bring.
“Ons wil die balans vind waar mense nie net hul eie individualiteit kan uitleef nie, maar waar hulle ook van betekenis kan wees vir hul gesinne en in die werkplek. Dit draai dus om hoe diverse soorte mense saam kan wees en in terme van ubuntu by mekaar kan leer,” sê sy.
Die Suid-Afrikaanse konteks sal ook beter begrip aan die sakeleiers bied van hoe die integrasie van onder meer Noord- Afrikane in Nederland gepak kan word.
“Die nege sakelui wat ons hierheen bring, was eers bekommerd oor die misdaad in die land, maar nadat hulle goeie beelde tydens die sokkertoernooi gesien het, is hulle almal baie opgewonde om na die Kaap te kom.”
|
Inspiratiepunt
Blijven zitten met vragen is dikwijls beter dan de zaak afdoen met voorbarige antwoorden.Anoniem


